This very long, not-so-tall tale was actually written in response to a friend’s question and now I feel the compulsion to bore all of you with the answer. Since I don’t really want to announce my name to the world, lets just call me
Iewers in die 1600's (ja ek se mos dis 'n lang storie) en natuurlik na 1952, het die Hugenote van godsdienstige vervolging in Europa gevlug en na die Kaap gekom. Onder hulle was drie Du Toit* broers. Hulle was aanvanklik vier, maar die jongste het op die laaste oomblik geweier om op die skip te klim en het teruggegaan na sy ouers se plaas toe. Die oudste drie het in die Kaap aangeland, grond gekry en met wingerd ensovoorts begin boer (onhou hulle was Frans....wyn is 'n redelike prioriteit!) Nou anders as baie van die Hugenote wat as gesinne of getroude pare hier aangekom het, was die drie broers enkellopend. En daar was ongelukkig nie veel single chicks op daai boot nie... So, in SA het hulle elkeen vir hulle 'n vrou nadergehark ... en begin teel soos hase. (Weet jy hoeveel Du Toit’s daar in die land is??) Eish.
Kom ons spring so 300 jaar in die toekoms in. Een of ander baie verveelde Du Toit man besluit om 'n stamboom op te stel vir die Suid-Afrikaanse Du Toit "clan", die ding in boek vorm te laat bind (2 bundels nogal - ek het mos gesê hulle het geteel soos hase!) en uit te gee. Elkgeval, op ‘n stadium koop my pa toe die boeke. Hy het geweet van die projek, want hulle het hom ook vroeër gebel vir informasie. Natuurlik het die kinder-weergawe van my die goed redelik interessant gevind en eers gekyk hoe verlangs my ortodontis, ons bure etc etc (almal Du Toits - moet ek die teel soos hase opmerking weer herhaal?) familie is. Die tweede ding wat ek gedoen het is om te kyk hoeveel "ekke" daar in die afgelope 300 jaar was. Dis nou "
Ok, uit 300 jaar se Du Toit chicks is daar toe net 3
Toe, in 2001 sit ek eendag in 'n Afrikaanse eerstejaars tutklas...met 'n baie bevoeterde seniorstudent as tut-lektor. Die klasregister gaan om en ek skryf my naam, studentenommer, maak my horribale handtekening en skuif aan na die volgende victim in die klas. Die blou-oog, donkerkop chick langs my kyk af na die papier, kyk vir my, kyk die papier... en sê vir my: "Is jy nou ernstig?" Heel verward vra ek haar "askies?" Sy sê "Is dit jou naam?". "Um, um ja" antwoord ek baie confused. Sy kyk weg en begin haar lyntjie invul...en skuif die papier terug na my. "
Dis die eerste en laaste keer wat ek die ander Mej Elmira du T 1982 sien. Sy was nooit weer daarna in 'n Afrikaanse klas nie en ek het aangeneem sy het opgeskop of van kurses verander. Elke nou en dan vertel ek eers vir mense die storie.
Facebook maak die wêreld klein! Toe ek op laerskool was het my een tannie (ma van 3 seuns) altyd vakansies 'n dogtertjie uit 'n kinderhuis gaan haal wat by hulle kom kuier het. Ek het Ann* een vakansie by hulle ontmoed en daarna het ons soos tipiese 12/13jarige meisies vir mekaar 'n briefie of twee geskryf. Maar ek het haar in 10+ jaar nie gesien nie. So paar weke terug sien sy toe my gesig op my neef (ons enigste gemeenskaplike kontak) se facebook profile - stuur vir my 'n boodskap en "add" my as 'n vriend. Ek los vir haar 'n boodskap op haar wall en die volgende oomblik kry ek 'n boodskap van 'n Elmira Visagie*.
hi girl, weet jy ken my nie, maar myself nou boeglam geskrik toe ek sien ekt vir Ann 'n boodskap gelos op facebook en dis met my nooiensvan en ek weet vir 'n feit dat dit nie ek was nie.
Aangename kennis eks
Hoop jyt 'n great dag!!
E
Ek kyk die fototjie so en dink...ek het die meisie een keer vir 'n uur 8 jaar terug gesien.
Hi
Ag, daar is 'n paar van ons spesiale creatures!. Ek ken nog 'n
En wag vir 'n reaksie...
lekker lag ek nou
Sal jy my glo as ek jou se dat dit ek was wat langs jou in daai klas gesit het.....op jou linkerkant....? Dit was aan di begin van die jaar toe ek nog onderwys geswot het. Het wel opgeskop en Graphic design gaan swot in die kaap. Het al vir soveel mense daai storie vertel van die girl wat my naam neergeskryf het... :)
Het al baie gewonder wat van jou geword het :)
Sy bly nou saam met haar man en seuntjie in **** (‘n vêr land oor die see) so ons sou mekaar hoogwaarskynlik nooit weer gesien het nie. Sy het later vir 3 jaar by ‘n bekende gesinstydskrif gewerk as grafiese kunstenaar en deur die jare het van my vriende my gebel en baie opgewonde gevra van wanneer af ek by **** werk. Dan wonder ek of dit sy is.
Elkgeval, die snaakse deel - die "something in a name deel" is die volgende.
* Skuilnaam
No comments:
Post a Comment