Wednesday, June 17, 2009

Plooie!

Ek wil dit net noem dat ek laasweek my eerste lagplooi gekry het. Aan die linkerkant. (Lag nou net daaroor en Liewe Jesus sal jou met 10 lagplooie straf...okay?) Maar dis net blerrie stupid. Wie het nou een lagplooi? As ek dan plooie moet hĂȘ, moet hulle ten minste simetries wees!

So van nou af as iets snaaks is, gaan ek net my regterkanste mondhoek effens lig en grynslag soos 'n haai na 'n beroerte. Lag is heeltemal uit. En as ek dan twee eenderse plooie het, gaan ek heeltemal ophou smile. Sielkundiges smile elkgeval nie. Hulle frons net en knik baie.

En hoe voel jy daaroor?

No comments:

Post a Comment

 
Afrigator